Die aktrise Amy Schumer en haar kêrel, Ben Hanisch, het ná een ’n half jaar saam uitgemaak.

My dress last night was custom @alexanderwangny and I loved every second of wearing it!

A post shared by @amyschumer on

Die paartjie is in Januarie laas saam gesien en het ook ál minder op mekaar se sosialemediablaaie verskyn.

Maar die twee is luidens berigte op vriendskaplike wyse uitmekaar en kom nog goed oor die weg.

“Amy en Ben het ná deurdagte oorweging hul verhouding beëindig en sal steeds vriende bly,” sê Amy se verteenwoordiger aan People.com.

Die laaste keer dat sy op haar Instagram-blad na die meubelontwerper verwys het, was in Maart, toe sy en Ben ’n romantiese vakansie in Utah, Amerika, geniet het.

 

Nice butte

A post shared by @amyschumer on

Ben het ook in Maart die laaste keer na Amy verwys. Hy het die Trainwreck-akteur gelukgewens met haar nuwe Netflix-reeks.

Intussen hou Amy haar besig met die bemarking van haar nuwe fliek, Snatched.

NYC screening @snatchedmovie

A post shared by @amyschumer on

Sy het darem ook tyd gemaak vir ’n aandjie uit om te gaan karaoke sing.

If you ever change your mind about leavin leavin me behind. @kwrsupe #bringitonhometome

A post shared by @amyschumer on

Bronne: People.com, USAToday.com, Eonline.com.