In die rolprent speel die Latyns-Amerikaanse aktrise die kontrakmoordenaar Frank Kitchen. Dié soek wraak toe hy as ’n vrou wakker word nadat die skurk dr. Rachel Kay (Sigourney Weaver) sonder toestemming ’n geslagsveranderingsoperasie op hom uitgevoer het.

Die Fast & Furious-ster erken dit het ’n ruk geneem om aan haar jongste rol gewoond te raak. “Dit was baie moeilik om ’n naakte man te speel,” sê sy aan The Hollywood Reporter. “Dis ’n goeie vier uur van (grimering) voorbereiding, twee net vir die ken- en neusinplantings.”

Vir ’n naaktoneel van voor moes die 38-jarige ook ’n prostetiese penis kies.

“Ek het gesê: ‘Ek wil die grootste een hê wat ons kan kry!’ Ek was onversetlik daaroor,” vertel sy laggend.

“Ek het ’n paar skraal ouens raakgeloop met baie, baie groot . . . jy weet, toe dink ek: ‘Hoekom nie een wees nie?’ ”

In haar poging om ’n man oortuigend uit te beeld, het Michelle haar prostetiese penis en ’n internetafspraak-app vir inspirasie gebruik.

“Dis baie ongemaklik. Ek weet nie hoe ouens dit doen nie,” sê sy. “Nou weet ek hoekom ouens veel meer fisieke seksuele denkers as vroue is – dis altyd daar. Ek bedoel, dit skuur heeltyd tussen jou bene. Ek is seker ek sou ook heeltyd daaraan gedink het.

“Ek het vir my (as ’n man) ’n Tinder-rekening (afspraak-app) geskep en dit was baie snaaks,” sê Michelle voorts van haar voorbereiding vir die rol. “Ek het ’n paar ja’s gekry!” Maar nadat sy The Assignment afgehandel het, voel Michelle nou vrouliker as ooit.

#MichelleRodriguez atendeu seus fãs que estavam esperando ela na frente do hotel, em NYC! #TheAssignment

A post shared by Michelle Rodriguez Brazil -Fãs (@michellerodriguezbr) on

“Daar’s baie meer aan ’n man as jou postuur en stem en krag. Daar is ander sielkundige elemente waarin ek nie bereid was om regtig te delf nie. Ek het altyd gedink ek is taamlik manlik, maar ek het nooit meer soos ’n vrou gevoel nadat ek die rolprent gemaak het nie.”

© Cover Media