“’n Onbekende getal gewapende mans het op haar huis toegesak,” sê Chris Botha, die Netcare 911-woordvoerder. 

Volgens hom het die mans op die aktrise losgebrand. Sy is in die been getref.

“Sy is tans in ’n ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal.” 

Chris wou nie die aktrise se naam bekendmaak nie.

Huisgenoot het die polisie gekontak vir kommentaar, maar die fone by die Diepsloot- en Erasmia-polisiekantoor het net aanhou lui. 

Hou ons webtuiste dop vir nog inligting.