Uma Thurman en haar gewese verloofde, Arpad Busson, is op pad hof toe vir ’n toesigstryd oor hul dogter, Luna.

[caption id="attachment_140831" align="alignnone" width="600"]Uma Thurman (Foto: Jeff Grossman/WENN.com) Uma Thurman (Foto: Jeff Grossman/WENN.com)[/caption]

In September verlede jaar is ’n ooreenkoms gesluit, maar volgens Page Six, die New York Post se skinderblad, is daar “hernude spanning” tussen die twee, wat hulle nou verder oor hul dogter laat toutrek.

Page Six berig die hofdokumente dui aan die ekspaartjie sal dalk so vroeg as Desember in die hooggeregshof in Manhattan teen mekaar te staan kom.

Besonderhede oor die vorige ooreenkoms is nooit bekendgemaak nie, maar regter Matthew Cooper het ná die ondertekening gesê: “Albei partye het hard gewerk om ’n ooreenkoms te bereik wat in die beste belang van hul dogter is. Ek dink dis gedoen om een mens gelukkig te maak en daardie mens is Luna.”

Uma en Arpad, wat twee seuns by die supermodel Elle Macpherson het, het in 2007 begin uitgaan en in Junie 2008 verloof geraak. Hulle is in 2009 uitmekaar, maar het toe weer probeer voor hul paadjies in April 2014 finaal geskei het.

Arpad se prokureur, Peter Bronstein, het geen kommentaar gelewer toe Page Six hom kontak nie en Uma se woordvoerder het nog nie gereageer nie.

Uma het in 2012 die lewe geskenk aan Luna en die oë laat rek toe haar woordvoerder die kleinding se volle naam deel: Rosalind Arusha Arkadina Altalune Florence Thurman-Busson.

Uma het tydens ’n verskyning op die Tonight Show met Jimmy Fallon die redes agter die ongewone naam verduidelik.

“(My dogter) Maya het aan die beste verskoning daarvoor gedink – dat ek waarskynlik nie nog kinders gaan hê nie, so ek moet vir die baba elke naam gee waarvan ek hou.”

– Cover Media