Die 46-jarige Charmed-aktrise het Vrydag op Instagram in ’n emosionele inskrywing die goeie nuus gedeel waarin sy haar aanhangers bedank het vir hul rol in die pad wat hulle saam met haar stap het.

“Oomblikke. Hulle gebeur. Vandag was en is ’n oomblik. Wat beteken remissie? Ek het die woord gehoor en geen idee gehad hoe om te reageer nie. Goeie nuus? JA. Oorweldigend. JA. Nou nog meer wag,” het Shannon by ’n roerende foto van haar geskryf.

“Soos elke liewe mens van my mede-kankerfamilie weet, die volgende vyf jaar is uiters belangrik. Herhalings gebeur die heeltyd. Baie van julle het al daardie storie met my gedeel. So, met ’n ligter hart, wag ek.”

Die voormalige Beverly Hills, 90210-ster het bygevoeg dat sy steeds moeilike besluite moet neem oor haar behandeling in die toekoms.

“Intussen, besluite. Rekonstruksie beteken talle operasies. ’n Besluit of ek vir die volgende vyf jaar ’n pil gaan neem, iets wat met sy eie problem en newe-effekte kom. Ek is geseënd, ek weet dit. Maar vir nou . . . remissie. Ek gaan net asemhaal. #cancerslayer.” Shannon is in Maart 2015 met borskanker gediagnoseer en teen die volgende jaar het dit na haar limfatiese stelsel versprei. Sy het onlangs ’n video, van haar wat haar kop skeer voor ’n uitmergelende chemoterapie-sessie, gedeel.

© Cover Media