[caption id="attachment_162787" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die 32-jarige Amerikaanse aktrise en haar Franse man, Romain Dauriac, is middel verlede jaar uiteen. Die vervreemde paartjie sukkel sedertdien om tot ’n vergelyk te kom oor hul enigste kind saam, die tweejarige Rose Dorothy.

Romain se prokureur, Harold Mayerson, het aan PageSix gesê Scarlett se prokureur, Judith Poller, het Dinsdag amptelike egskeidingsdokumente aan hom bestel. Volgens Harold stry die vervreemde eggenotes reeds oor waar hulle hul dogter moet grootmaak.

“Hy (Romain) wil sy dogter graag saam terugneem Frankryk toe en me. Johansson reis baie,” verduidelik Harold oor die verwagte drama in die egskeidingshof sal begin ontvou.

“Dit gaan ’n interessante saak wees.”

Die ster van The Avengers: Age of Ultron het in Oktober 2014 met Romain afgehaak, net ’n maand nadat die twee hul dogter in die wêreld verwelkom het.

Scarlett het al voorheen gepraat oor die uitdagings wat sy as ’n werkende ma ervaar en vertel die verfilming van haar nuwe rolprent, Ghost in the Shell, was besonder moeilik.

“Ek was ses maande lank saam met ons dogter in Nieu-Seeland,” het sy aan die tydskrif Playboy gesê. “Die afstand en die werklas was baie swaar vir my. Dit was ’n groot en veeleisende produksie. Ek het heeldag met mense baklei – en selfs met myself. Ek het met die karakter geworstel . . .”

Die ster het ook erken die uitdaging om haar loopbaan en moederskap tegelyk baas te raak namate Rose ouer word, het haar ontnugter.

“Dit sal waarskynlik meer uitdagend word namate sy (my dogter) ouer word, wanneer sy eers in die skool is en haar lewe meer op een plek gevestig is,” voeg sy by.

“Dis ’n stryd vir baie mense, want ons leef in hierdie vreemd nomadiese bedryf waar amper almal in ’n rolprentspan ’n gesin het, en dis moeilik. Dit maak verhoudings moeilik; dis swaar vir jou lewensmaat, jou kinders, familie oor die algemeen en vriende.”

© Cover Media