[caption id="attachment_141215" align="alignnone" width="604"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption] Die Hollywood-paartjie se babadogtertjie, Daisy, is Dinsdag gebore – wat ook International Day of the Girl Child – ’n informele vakansiedag van die filantropiese organisasie United Nations Women was. Olivia het Saterdag op Instagram die opwindende nuus gedeel met ’n oulike foto van die pasgebore baba en daarby geskryf: “Gee pad voor! Daisy Josephine Sudeikis. Gebore, soos ’n baas, op #internationaldayofthegirl."

There goes the neighborhood. Daisy Josephine Sudeikis. Born, like a boss, on #internationaldayofthegirl. ??

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

In die eerste foto wat Olivia van haar en Jason se dogter gedeel het, lê die kleinding in die middel van ’n reuse sagte skaap-kussing. Daisy se ouboet is die paartjie se tweejarige seun, Otis.

Olivia het verlede maand verklap sy verwag ’n dogter in ’n politieke twiet wat na die Amerikaanse presidentsveldtog verwys het.

Die Demokratiese Party se kandidaat Hillary Clinton kom te staan teen die Republikeinse Party se Donald Trump om Amerika se volgende president te word en Olivia het dit duidelik gemaak sy steun die voormalige presidentsvrou.

“As iemand wat binnekort ’n dogter gaan hê, tref hierdie my diep. #NeverTrump,” het Olivia getwiet in ’n boodskap wat ’n skakel bevat het na ’n veldtogvideo wat Hillary aanlyn gedeel het.

In die video reageer meisies op van die beledigings stellings wat Donald oor vroue gemaak het. Die video sluit af met die vraag: “Is dit die president wat ons vir ons dogters wil hê?”

Dit lyk of Olivia meer van ’n stryd gehad het met haar tweede swangerskap as haar eerste – sy het voor haar twiet teen Trump op Twitter gekap na passassiers op die trein wat nie vir haar ’n sitplek aangebied het nie.

© Cover Media