Die Grey’s Anatomy-akteur Jesse Williams (35) en die aktrise Minka Kelly (37) het alte gemaklik gelyk op ’n uitstappie na ’n fliekteater.

Dit volg drie maande nadat hy bekendgemaak het hy en sy vrou, Aryn Drake-Lee, se paaie gaan skei. Hulle het twee kinders, Sadie (3) en Maceo (2). 

Jesse en Minka het onlangs aan ’n nuwe videospeletjie gewerk, waar ’n vonk tussen hulle glo ontstaan het.

“Hulle het dit vreeslik geniet,” vertel ’n bron aan People.com.

“Hulle gee baie om vir mekaar en sien mekaar. Minka was daar vir Jesse, nie net as ’n vriendin nie, maar ook ’n meisie,” vertel ’n ander bron aan E! News.

Die gerugte het in Januarie kop uitgesteek toe Minka ’n foto van haar en Jesse in die sosiale media deel.

Last meal en Paree post 15hr workday! Time for silly. ??

A post shared by Minka Kelly (@minkakelly) on

Daar was ook gerugte dat Jesse ontrou was aan Aryn, maar hy het gou die skindertonge stilgemaak toe hy in Jay Z se nuwe musiekvideo, Footnotes For 4:44 sommer prontuit sê dat hy nooit so iets sou doen nie.

“Ek was in ’n verhouding van 13 jaar, rêrig 13 jaar, nie vyf jaar nie, nie sewe jaar nie, maar 13 jaar en ewe skielik dink mense hulle kan skryf oor hoe ek blykbaar ’n verhouding van 13 jaar net so weggegooi het,” is die strekking van die lirieke in die musiekvideo.

Bronne: Dailymail, People.com, Huffingtonpost.co.za