As jy vir die sangeres Cordelia vra wat vir haar die mooiste liedjie is, is daar net een stuk musiek wat in haar kop opkom.

“My kind se geskree,” sê sy onomwonde.

Dié Mal in Jou Kop-sangeres het op 18 November vir die eerste keer ma geword van ’n pragtige donkerkopseuntjie, Zavion.

Die bulletjie het ’n stewige 3,65 kg geweeg by geboorte.

[caption id="attachment_148186" align="alignnone" width="600"]Die sangeres Cordelia hou haar babaseuntjie vas. Die sangeres Cordelia hou haar babaseuntjie vas.[/caption]

Nadat Cordelia (31) ses jaar gelede haar dogtertjie ná ’n miskraam verloor het, is Zavion “my tweede kans op lewe”.

“Toe hy gebore is en hy skree, was dit die mooiste geluid wat ek nog gehoor het. Ek was so dankbaar.” Cordelia vertel haar ma het die naam Zavion voorgestel. “Ons was op pad vir die sonar wat die baba se geslag sou wys toe my ma vertel van dié mooi seunsnaam wat sy in ’n tydskrif raak gelees het. Ek het nog vir haar gelag en gesê ek dink dit gaan ’n dogtertjie wees. “Ek het my reggemaak om ’n dogtertjie-mamma te wees. Ek het nooit gedink ek gaan ’n seuntjie hê nie.”

Sien ons mooiste mensie binnekort #motherlove #Blessed #mybeautifulson #godisgood ????

A photo posted by Cordelia Louise (@cordelia_louise) on

Cordelia sê haar lewe het onmiddellik verander sedert Zavion sy verskyning gemaak het. Sedert sy geboorte is hy nog net ’n breeze, sê sy.

“Zavion is ’n klokslag-baba. Hy is so rustig en vriendelik. Hy glimlag al.”

Daar is vir haar niks so lekker soos om Zavion teen haar bors vas te druk nie. Veral as hy huil.

“Dit is daardie gevoel van niemand anders kan hom troos behalwe ek nie. As ek vir hom sê dit is oukei, raak hy rustig en kalm.

“Dan dink ek net wow. Hy is myne.

“Ek is vir hom ’n veilige vesting. Soos wat die Here vir my is.”