[caption id="attachment_130330" align="aligncenter" width="600"]Robert Knight het hierdie foto op flickr.com gedeel. Aan die een kant verskyn Willem van Niekerk se naam, aan die ander kant die naam van Jan Hettema. Robert Knight het hierdie foto op flickr.com gedeel. Aan die een kant verskyn Willem van Niekerk se naam, aan die ander kant die naam van Jan Hettema.[/caption] Vele motorgeesdriftiges sal die naam Jan Hettema onmiddellik herken, veral vir sy vaardigheid agter die stuur van sy Chevrolet.

Jan se dogter is die bekroonde Afrikaanse sangeres Helena Hettema. Sy was met vakansie in Namibië toe sy die tragiese nuus ontvang het dat haar pa Woensdagoggend in Pretoria doodgeskiet is.
Volgens Netwerk24 is Jan in die ouderdom van 82 op sy kleinhoewe in Boschkop, in die ooste van Pretoria, tydens ’n rooftog doodgeskiet. Die voorval na wat berig word tussen agtuur en negeuur plaasgevind.
Sy vrou, Elsa, is ook tydens die voorval vasgebind en aangerand. Elsa het haarself ná sowat ’n uur losgewikkel en hulp gaan soek.

Bronne: netwerk24.com; OFM; Jacaranda News