Die sangerseun van Steve Hofmeyr, Armand Hofmeyr, is Sondagmiddag deur provinsiale verkeerspolisie in Gauteng gearresteer nadat hy glo 185 km/h in 'n 120 km/h-sone gejaag het.

Netwerk24 en Maroela Media berig Armand is later dieselfde aand op borgtog van R500 vrygelaat. Hy moet volgende week in die Bronkhorstspruitlanddroshof verskyn.

Armand het aan Maroela Media gesê dit was "diarree" wat hom so laat jaag het. Hoewel Kapt. Sarah Mcira, polisiewoordvoerder, bygevoeg het "So ver ek weet, het hy nie 'n verskoning vir die spoed wat gery het aangeboed nie."

Die sanger het verder aan Maroela Media verduidelik dat hy Saterdagaand 'n optrede by Buffelspoort, wes van Pretoria, gehad het waar sy aandete uit "Boeliebeef en kaassous" bestaan het. Dit het glo veroorsaak dat hy en sy klankman Sondag "van vulstasie tot vulstasie gery het om die nood te verlig".

Armand is toe ongeveer 14:30 Sondagmiddag in 'n Ford Focus-motor op die N4-snelweg naby Bronkhorstspruit voorgekeer, dieselfde stuk pad waar sy pa, Steve, in Desember 2013 vasgetrek is ná hy 169 km/h gery het.

Daar was Sondagmiddag op die jonger Hofmeyr se Twitter-profiel 'n inskrywing met 'n foto van boeliebief en hoofpynpoeier daarby. Die boodskap? "Klein dorpie na 12:00 pm aand ete was baie lekker!!! Maar het my vanoggend diep in die k*k..#Bronkhorstspruit" (sic).

Bronne: Netwerk24; Maroela Media

Lees ook op Netwerk24: