Die sanger Jay du Plessis is in 'n hospitaal in Bloemfontein opgeneem, berig OFM.

Dit volg nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe hy van 'n perd afgeval het in die Vrystaatse dorp van Zastron, waar hy volgens berigte sou optree.

Corné Oosthuizen, Jay se agent, het aan OFM bevestig Jay het seergekry, maar gesê hy is buite gevaar.

News24