Cornel het Vrydagmiddag ’n vurktandheining rondom hul huis installeer ná ’n inbraakpoging vroeër die week , toe die leer skielik onder hom uitval.

“Vandag baie dankbaar dat hierdie ene nog leef én sy arm behou het ná hy amper gister doodgebloei het. Bid asseblief saam met ons vir sy herstel,” skryf Daniëlla op Facebook.

Daniëlla was gelukkig tuis toe die voorval gebeur het en het Cornel net hoor gil toe die vurktandheining sy regterarm oop gespalk het. “Ek kon hom in die kar indra, maar hy kon nie praat nie en het net gebloei en flou geword op pad hospitaal toe.”

Cornel het Vrydagaand ’n operasie ondergaan om die bloeding te stop. Die dokter het bevind dat ’n aar in sy arm heeltemal oopgeskeur het.

“Die wond in sy arm was te groot om gewone steke te kry, dus moet hy weer Sondagaand nog ’n operasie ondergaan om die wond skoon te maak,” vertel sy aan Huisgenoot.

Cornel van Heerden het sy arm beseer tydens ’n fratsongeluk by sy huis.

“Gister het woes gegaan, maar dit gaan darem nou beter. Hy gesels nou met my en het weer gevoel in van sy vingers,” vertel sy verder.

Omdat die dokters eers 48 uur moet wag om die wond skoon te maak, kan hulle nog nie bepaal wat die implikasies sal wees nie.

Die wond in Cornel se arm is te groot om steke te arm.

“Hy het darem al vir my gevra of ek die rugby vanaand (Saterdag) kan opneem en vir hom biltong kan bring.

“As hy dit vra, weet ek sommer dit gaan beter,” sê sy.