Volgens Netwerk24 het die ongeluk omsteeeks 06:30 naby die Athlone-treinstasie plaasgevind. Die vrou, wat vermoedelik in haar 70’s is, het oor die treinspore geloop toe sy raakgery is, sê Chitra Bodasing, woordvoerder vir ER24.

Sy is wakker, maar in ’n kritieke toestand, tussen die twee treinspore gevind.

“Sy het amputasies aan albei bene onder die knie en albei arms onder die elmboog opgedoen,” sê Chitra.

Sy is behandel en hospitaal toe vervoer.

Bron: News24