Die brand het kort voor twee-uur Dinsdagoggend by Huis Lizelle in Bainstraat, Wellington uitgebreek. Die 61-jarige inwoner het tydens die brand gesterf. In hierdie stadium kom dit voor asof sy die enigste slagoffer was.

Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse mediese en forensiese patalogie-dienste, het gesê verskeie inwoners van die tehuis moes vir skok behandel word.

Bron: news24.com