’n Bekende Bloemfonteiner, Robert Bowen (90), is die naweek na ’n fratsvoorval dood, berig Netwerk24.

Robert Andrew Bowen, beter bekend as Bowen die skoenmaker, het dekades lank sy skoenwinkel in die middestad en later in Victoriaweg in Willows, Bloemfontein, bedryf.

’n Fratsvoorval het ongelukkig sy lewe geëis ná hy per ongeluk sy gehoorstuk se batterytjie in plaas van ’n bloeddrukpil gesluk het.

Volgens sy seun het Andrew drie weke gelede’n probleem met sy gehoorstuk ondervind. Hy het die batterytjie in sy sak gedruk. Toe hy die pil moes sluk, het hy per ongeluk die batterytjie raakgevat en ingesluk.

Die battery is in ’n operasie verwyder, maar hy het ’n slag in die hospitaal geval en moes behandel word.

Volgens sy seun het sy toestand algaande verswak en hy is Saterdagoggend oorlede.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Samaritaan vermoor

Jong haker wakker ná koma, ouers is by hom