Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici die 77-jarige vrou opgespoor en behandel. Die vrou het omstreeks 10:30 Sondagoggend op ’n staproete gegly en geval. Sy was vasgekeer op die berg en dit was glo baie moeilik om by haar uit te kom. Paradmedici is ongeveer 11:45 uitgeroep om te help. Die vrou het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer. Sy is op ’n draagbaar opgehys tot binne die Oryx-helikopter. Die vrou is daarna na ’n hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Mountain Rescue en die Suid-Afrikaanse lugmag het ook gehelp om die vrou op te spoor. ’n Reddingspan wat spesialiseer in reddingswerk op ruwe terreine het ook met die reddingspoging gehelp.