Of sal ons liewer sê: laat wiel?

Mrs. T., soos die 90-jarige skilpad liefderyk genoem word, se voorbene is afgeëet deur ’n honger rot terwyl sy gehiberneer het. Jude het ’n geldinsamelingsprojek begin om Mrs. T. se stompies te laat verwyder.

Ná ’n veeartsrekening van bykans R20 000 was Jude bang sy sou Mrs. T. van kant moes laat maak omdat sy nooit weer sou kon loop nie. Gelukkig het haar seun Dale, ’n meganiese ingenieur, ingegryp.

Dale het vir Mrs. T. ’n stel voorwiele ontwerp waarmee sy nou gemaklik kan beweeg. “Sy kan vorentoe en agtertoe beweeg,” vertel Jude. “Terloops, sy kan nou heelwat vinniger beweeg as tevore.”

Kyk hier na ’n video van Mrs. T., die gelukkige, gewielde skilpad.

Bronne: BBC; Gawker