Verlede jaar het die streekshof in Bellville die vonnis op Johannes Kleinhans opgelê, wat skuldig gepleit het op 95 aanklagte, onder meer die vervaardiging van kinderpornografie en seksuele aanranding.

Die hof het verlede week beslis Johannes moet slegs vier jaar uitdien en dan drie jaar deel wees van ’n program vir seksuele oortreders. Sy ouderdom en gesondheid is in rekening gebring.

Sy toegang tot die internet en sosiale media sal oor beperk word, en sy naam gaan op die register vir seksuele oortreders geplaas word.

Die bestuurder vir Childline, Joan van Niekerk, het gesê terwyl sy slagoffers nie noemenswaardige fisieke beserings opgedoen het nie, is die sielkundige en emosionele impak van sy dade ’n groter probleem.

“Ons howe verstaan nie die langtermyn sielkundige skade wat dié kinders in die gesig staar nie.”

- Sapa