Paramedici op die toneel het tevergeefs vir bykans 45 minute probeer om hom by te bring.
Paramedici op die toneel het tevergeefs vir bykans 45 minute probeer om hom by te bring.

Garrith Jamieson, ’n woordvoerder vir RescueCare, het aan News24 gesê paramedici het kort ná 09:00 na die gimnasium gejaag.

“Die gimnasiumpersoneel het hom reeds uit die swembad gehaal en noodhulp op hom toegepas toe die paramedici opgdaag. Hulle het vir ons gesê die man het met sy gesig na onder in die swembad gedryf. Ons weet nie veel meer as dit in hierdie stadium nie,” het hy gesê.

“Die paramedici het die behandeling oorgevat en medikasie toegedien en hom herhaaldelik met ’n defbrillator geskok, ongelukkig was al ons pogings tevergeefs en hy is by die swembad dood verklaar.”

Virgin Active kon nie dadelik kommentaar lewer nie.

News24