’n 87-jarige man het Maandag in die Umzinto landdroshof naby Park Rynie verskyn nadat hy na bewering ’n 12-jarige seun vir ’n apie aangesien en doodgeskiet het.

Die KwaZulu-Natalse polisie het die voorval bevestig. Die seun was glo besig om ’n guavaboom op die man se eiendom te klim toe hy hom in die kop en bolyf skiet, het sers. Patrick Msomi gesê,

Die seun is op die toneel dood.

Bron: News24