In ’n nuwe boek word vertel hoe jy jou man kan ‘oplei’ om‘gehoorsaam’ te wees en in die nuwe uitgawe van Huisgenoot is daar 'n stap-vir-stap-gids.

My man, Scott, is belese, avontuurlustig, laat my lag en ek is lief vir hom.

Maar hy is ook vergeetagtig, slordig en altyd laat. Hy ly aan ernstige aanvalle van doofheid wanneer ek iets gedoen wil hê, maar hoor my altyd wanneer ek hom van dóér ver af binnesmonds verwens.

’n Paar jaar gelede kry ek toe ’n agt weke oue hondjie wat ek gehoorsaamheidsklasse toe geneem het. In die loop van ses weke het ek beleef hoe sy ’n nuwe hond word, en ek het my daaraan verwonder hoe ek ’n ander lewende wese bloot deur my wil so ingrypend laat verander het.

Toe skryf ek in my dagboek: ‘‘Probeer met man.’’ Ek het – en dit het gewerk.

Lees die stap-vir-stap gids in die 8 April-uitgawe van Huisgenoot. En vertel vir ons hieronder in die kommentaarveld wat jy dink!

Bespreek vir Skouspel!