Me G.E. du Toit van Bloemfontein het hierdie staatmakerresep in 1970 in ’n tydskrif gekry. Huisgenoot het dit ’n bietjie aangepas en dis beslis nogsteeds ‘n wenner.

  • Genoeg vir 4-6 mense
  • Bereiding: 15-20 minute
  • Gaarmaaktyd: sowat 3-3¼ uur

Jy benodig:

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1 kg beesstertstukke
  • 15 ml (1 e) mosterdpoeier
  • 15 ml (1 e) koekmeel
  • 10 ml (2 t) sout
  • 250 ml (1 k) lemoensap
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • 10 ml (2 t) worcestersous
  • 125 ml (½ k) sultanas
  • 2 selderystingels, in skyfies gesny

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie in ’n kastrol wat in die oond kan gaan en braai die beesstert ’n paar stukke op ’n slag tot goudbruin.
  3. Meng die mosterdpoeier, meel, sout, lemoensap, suurlemoensap en worcestersous tot glad.
  4. Plaas die gebraaide vleisstukke terug in die pot.
  5. Voeg die mosterdmengsel en die sultanas by, meng goed en bedek die kastrol met ’n styfpassende deksel of foelie.
  6. Plaas die kastrol vir sowat 3 uur in die oond.
  7. Verwyder die deksel of foelie sodra die vleis sag is en sit die seldery by, bak nog sowat 15 minute en sit voor saam met geroosterde tamaties en groenslaai.

Klik hier vir hierdie en ander heerlike Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.