Vroeg Woensdagoggend het die beer na die agterkant van die Duitse Edelweiss-restaurant geslenter en haarself aan die vorige aand se oorskietkos in die asblik gehelp. Sy het haar maaltyd so geniet dat sy die volgende oggend vir nog teruggekom het.

“Dis vars, smaaklike kos wat die beer lok,” sê die restaurantbestuurder, Dieter Schnakenberg. “Sy loop verby die herwinningsblik en gaan reguit vir die goeie goed.”

Hopelik kan die beer afgeskrik word deur die asblikke aan die heining vas te ketting of die deksels te sluit. As die beer aanhou terugkom, sal natuurbewaarders hierdie ondernemende beer moet merk en hervestig. As sy dan steeds nie ophou om ’n asblikkrapper te wees nie, sal sy uitgesit moet word, sê die bewaarders.

Kyk hier na die video: http://www.youtube.com/watch?v=kfjlkLdbatU.

Bronne: news.sky.com, denverpost.com

Deur KIRSTI BUICK