Die meeste kinders hoop vir ’n hanswors of towenaar op hul verjaardagpartytjie, maar ’n gesin van Alaska het ’n onverwagte kuiergas gekry toe ’n jong beer van sowat 82 kg deur hul daklig geval het.

Die egpaar het aan die Juneau Empire gesê hulle was besig om voor te berei vir hul seun se partytjie, toe hulle ’n harde slag hoor en die beer deur die dak val.

Alicia Bishop en Glen Merill het hulle uit die kamer gehaas, waarna die beer hom gehelp het aan kolwyntjies.

Hulle het blykbaar op die beer geskree en hom probeer verwilder, tot hy houtgerus self uit die huis geloop het.

Woordvoerders van Alaska se departement van natuurbewaring het gesê inwoners van die gebied moet besef daar is altyd ’n kans dat hulle wilde diere soos bere kan teëkom.

Die beer is van kant gemaak omdat amptenare gemeen het hy hou ’n gevaar in vir inwoners van Juneau en omliggende gebiede.

Bronne: Reuters; CBS News; Juneau Empire