Juliana het op sosiale media ’n verstommende foto gedeel waarop sy haar vietse lyf langs die swembad in ’n gewaagde bikini afwys. Winterkoue? Watwou!

Buiten natuurlik haar besonder goeie Brasiliaanse gene, kan ons nie help om te wonder wat Juliana se geheim is om haar magie so plat en haar bene so goed gevorm te hou nie. Lees ook: Die ooievaar het al dié SA bekendes se adresse in die hande gekry Die skoonheid het ook gedurende haar swangerskap foto’s gedeel waarop sy gewys het ’n mens kan aktief bly, selfs al is jy hoogswanger.
Lees ook: 7 keer wat stylvolle, swanger Jo-Ann Strauss jou asem sal wegslaan Kort ná die geboorte van hul eerste seun, Vincent (nou 23 maande), het Juliana ook ’n spoggerige foto van haar gedeel terwyl sy besig was met ’n gewaagde lingerie-fotosessie.
Selfs die voormalige Mej. Suid-Afrika Jo-Ann Strauss was beïndruk met Juliana se onlangse bikini-foto. “Het jy regtig twee babas gehad?” het sy verstom by die foto geskryf. Ons is seker dit help natuurlik baie dat die hele Vermeiren-gesin baie aktief is. Kyk net Janez se perfekte blokkiesmaag!

Ja nee wat, hierdie fikse paartjie mag maar!