Die beelde, wat verlede Saterdag opgeneem is, wys hoe ’n wasige, deursigtige menslike figuur deur ’n beveiligde deel van die eiendom stap.

Karl Romero, die beampte wat aan diens was, het die “spook” op die kringtelevisie deur ’n draadheining sien stap en dit by sy toesighouers gaan aanmeld.

“Eers het ek gedink dit is ’n vlieg of mot, maar toe sien ek die bene en besef dit is ’n mens. Maar nie ’n regte mens nie; nee. ’n Spook,” het hy gesê aan KOAT-TV, ’n televisiestasie in Albuquerque

Speurders by die stasie sukkel om ’n logiese verduideliking vir die skim te kry.

Bronne: Sky News, The Telegraph, YouTube