Wel, dis nou tot hulle aan die verkeerde gras begin herkou.

Vra net die inwoners van die stil Walliese dorpie Rhydypandy in die suide van die land. Hul skaaptroppe tree deesdae uiters vreemd op. Die plaaslike raadslid Ioan Richard beweer die skape veroorsaak ’n chaos en “breek selfs by huise in”.
Maar wat die grootste kommer wek is dat verskeie van die drentelende skape op die naburige dorpie se paaie deur motors getref word en as gevolg van hul “dwalings” sterf.

Wat veroorsaak dié optrede? Dit wil voorkom asof daar ’n paar daggaplante langs die pad weggegooi is. En die arme raadslid is bekommerd dit is hierdie “gras” wat die skape in onnutte laat verander het.

“Hulle gaan die inwoners se tuine binne en een het selfs ’n groot gemors in ’n rondawel gemaak,” het hy gesê.

via GIPHY

Bronne: mailonline.co.uk, independent.co.uk, uk.news.yahoo.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ouers se agt jaar lange stryd met Binnelandse Sake oor hul kind se identiteit

Marco Spaumer verklap wat deur Tim se kop gegaan het tydens daai skokkende Suidooster-oomblik

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

Omgekrapte vrou vermorsel peperduur Jaguar met haar peperduur Range Rover

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!