Niks sê “ons is lief vir jou en waardeer jou pa” beter as ‘n smullekker ontbyt in die bed nie. Probeer dié heerlike aartappelkoekies, geposjeerde eiers en spek.

  • Genoeg vir 4 mense
  • Bereiding: 10 minute
  • Gaarmaaktyd: 15 minute

Jy benodig:

  • 4 aartappels, geskil
  • 3 sprietuie
  • 1 eier
  • sout en peper
  • olie vir braai
  • Geposjeerde eier
  • 8 eiers
  • 80 ml (? k) water
  • 2,5 ml (½ t) asyn
  • Spekvleis en mikrokruie vir voorsit

Maak so:

  1. Rasper die aartappels en druk oortollige vloeistof uit. Meng dit goed in ’n bak met die sprietuie, eier, sout en peper.
  2. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Wanneer dit warm is, skep lepels vol van die aartappelmengsel in en druk dit plat om koekies te vorm. Draai om en bak tot bros.
  3. Geposjeerde eiers Breek ’n eier in ’n mikrogolfbak en gooi die water en asyn versigtig in. Bedek die bak met ’n bord. Sit dit in die mikrogolf en kook 30 sekondes op 80 %-krag. Kyk of die eier gaar is en skep dit met ’n gaatjieslepel uit.
  4. Sit die geposjeerde eier op die aartappelkoekies voor saam met spekvleis en kruie.

- Hope Malau

Foto: David Briers

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.