Die meeste kinders is dol oor melkskommels. Vir ’n ideale, ligte middagete, gebruik bessies (wat hope anti-oksidante bevat) en jogurt pleks van roomys. Voeg ’n bietjie sjokolade by, maar maak seker dit donkersjokolade, wat ook anti-oksidante bevat.

Dis wat jy gaan benodig:

  • 100 g donkersjokolade, gesmelt
  • 1 piesang, geskil (opsioneel)
  • 1 k (250 ml) aarbeie, gekap
  • 1 k (250 ml) bloubessies
  • 1 k (250 ml) moerbeie
  • sap van 1 suurlemoen
  • ½ k (125 ml) gewone jogurt
  • ¼ k (60 ml) melk
  • gekapte neute soos amandels vir oorsprinkel (opsioneel)
  • ekstra bessies vir garnering (opsioneel)

Maak so:

Sit al die bestanddele (behalwe die opsionele neute en ekstra bessies) in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Giet in glase en sit die neute en ekstra bessies bo-op indien verkies.