Of dit nou jou eie pa is wat ’n goeie voorbeeld gestel het vir hoe jy jou kinders grootmaak, en of dit jou maat is wat jou steunpilaar is om jul kinders na die beste van jul vermoë grootmaak, verdien pa’s ’n bietjie krediet! Checkers het ’n reeks wonderlike geskenke om pa’s mee te bederf.

Selfdoengeskenke

Is pa ’n voorslagnutsman of hou hy van braai saam met familie en vriende? Bush Baby-braaistelle of kraggereedskap van Schultz sal so reg in sy kraal val en jy sal die vrugte daarvan werp wanneer jy weglê aan ‘n sappige skaapvleise met jou voete op jou nuwe koffietafel wat hy self gemaak het.

Bederfgeskenke

Laat pa ’n bietjie in sy pantoffels met ’n lekker beker koffie in die huis rondloop. Gemaklike pantoffels en oulike koffiebekers is bekostigbare geskenke wat sy hart warm sal laat klop.

Heerlike geskenke

Of pa ’n suikertand het,  sout happies verkies of hou van ’n lekker sappige steak, ietsie lekker om aan te smul is altyd ‘n wenner. Gaan koop gerus sy gunsteling sjokolade, biltong of droëwors, of vra die slagter om die perkekte vleissnit vir 'n lekker ete voor te stel.

Vieringsgeskenke

As pa af en toe van ’n knertsie hou, kan jy dit gerus oorweeg om hom te bederf met ‘n goeie bottel wyn of whiskey. Van plaaslike wyne tot ‘n uitsoek-verskeidenheid van die hele wêreld oor, jy gaan beslis iets vind wat in sy smaak val.

Unieke geskenke

Soek jy iets onverwags en ’n bietjie anders? Wat van ’n metaal-rubgyvoorskoot, metaalmuurhorlosie of -koelkisstel? Die verskeidenheid geskenke beskikbaar sal jou verbaas.

Kyk bietjie self

Klik hier om te kyk na wat jou naaste Checkers jou bied.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.