Looking good! #HailCaesar star and hostage #GeorgeClooney arrives with Amal Clooney at the L.A. premiere.

A photo posted by Hail, Caesar! (@hailcaesarmovie) on

Die prokureur, wat op 3 Februarie 38 word, het haar hofuitrusting vir ’n rooi-en-wit rok deur Giambattista Valli verruil toe sy ’n vertoning van Hail, Caesar! by die Regency-teater in Los Angeles bygewoon het. Die Coen-broers het die regie behartig.

Die aantreklike egpaar, wat in 2014 getroud is, het dolverlief gelyk en gekoer asof hulle salig onbewus was van die kameraligte wat om hulle flits.

Die donkerkop het haar oulike rokkie met silwer haksoene en ’n goue palmtassie afgerond.

Haar pragtige verloofring het aan haar vinger gepryk. Sy dra dit glo nie werk toe nie omdat die diamant so groot is dat dit ’n afleiding kan wees. As menseregteprokureur is dit seker te verstane – sy werk aan internasionale hofsake.

Lees ook: Jennifer Aniston meen die getroude lewe ‘is wonderlik’

Haar mees onlangse een is dié van oudpres. Mohamed Nasheed van die Maldive.

Amal en Jared Genser het die beleërde politikus verdedig wat volgens hulle maande lank verkeerdelik deur die regering aangehou is.

Nasheed, wat Amal as “die Mandela van die Maldive” beskryf het, is verlede week toestemming gegee om Engeland toe te reis vir ’n rugoperasie.

Amal het aan NBC gesê dit bring hom “een stappie nader aan geregtigheid, maar daar lê nog baie werk voor. Daar is nog ernstige probleme in die Maldive en ons het nog baie om te bespreek.”

Lees ook: George Clooney koop oordadige geskenk vir eerste huweliksherdenking

Nasheed is die eerste demokraties verkose president van die klein eiland, maar is in 2012 tydens ’n gewapende staatsgreep gedwing om uit te tree. Die huidige regering beweer hy het sy amp vrywillig verlaat.

Ingevolge teenterreurwette is hy in Maart verlede jaar 13 jaar tronkstraf opgelê omdat hy tydens sy termyn as president beveel het dat ’n regter in hegtenis geneem word. ’n Beampte van die Verenigde Nasies het sy hofsaak as ’n “bespotting” van geregtigheid beskryf.

Nasheed moet binne 45 dae terugkeer om sy tronkstraf van 13 jaar verder uit te dien.

Bronne: MailOnline, People.com, NBC News