beckhams

Victoria en David Beckham het R825 000 vir Kersversierings betaal.

Die egpaar het glo die prestigeryke afdelingswinkel Fortnum & Mason aangestel om hul gehuurde herehuis in die weste van Londen te versier. Dit het twee dae geduur om die versierings af te handel.

Volgens Heat het Victoria (39) en David (38) nie tyd verspil om Kersliggies op te hang of ’n Kersboom uit te soek nie. Hulle het ’n kreatiewe direkteur gehad wat “die konsep gevisualiseer het” vir hul tema van goud en wit.

Die oordadige versierings sluit in drie groot Kersbome, twee kleiner bome en ’n klomp ekstras wat glo “na diamante lyk”.

Victoria het ook haar persoonlike assistente aangesê om winkels in modestede soos New York en Parys deur te snuffel vir die perfekte versierings. Daaronder is doelgemaakte Lalique-glasballe en kristalsterre van Swarovski wat R24 750 elk gekos het.