Die paartjie en hul vier kinders, Brooklyn (14),  Romeo (11), Cruz (8) en Harper (2), trek binnekort na hul huis van R56 miljoen in Londen en wil seker maak dis so veilig as moontlik met topgehalte toegangstelsels en ’n spesiale paniekkamer.

“Hulle gaan ’n paniekkamer hê, 24-uur kringtelevisie met 60 kameras sodat hulle vanaf enige plek ter wêreld kan kyk wat in hul huis aangaan en telefone by toegangspunte met vingerafdruk-herkenning,” het ’n bron gesê.

Daar is onlangs bekendgemaak dat daar ’n Damian Hirst-skildery van sowat R10 miljoen

in Harper se kamer sal hang en daar gaan ook duur kunswerke in die seuns se kamers hang. “Die seuns sal die kunstema voortsit met skilderye deur Banksy in elkeen se kamer,” het ’n bron aan die tydskrif Grazia gesê.

Victoria se vriendin, die binnenshuise ontwerper Kelly Hoppen, hou toesig oor die opknappings en het indivudeel met die seuns gepraat oor wat hulle vir hul kamers wil hê, terwyl Harper se kamer glo gaan spog met ’n skoenlapper-versierde bed en instapkas.

Victoria, ’n mode-ontwerper, kry ’n nael- en haarsalon en spa en David het gevra vir ’n hysbak en luukse kombuis, wat sy pel, Gordon Ramsay, help ontwerp het.

Volgens die bron het Gordon “raad gegee oor die beste toestelle. Daar gaan selfs ’n hoekie  vir nagereg en plek vir 50 mense wees.”