Becker het verlede Sondag voor ’n tugkomitee van die departement van korrektiewe dienste (DKD) verskyn nadat hy met ’n selfoon in sy sel in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria betrap is.

Dit het gevolg na ’n verrassingsdeursoeking in die tronk die vorige dag.

Volgens Beeld is Becker regte as ’n groep A-gevangene, wat telefoonoproepe en besoekers insluit, is hierna ingekort.

Daarby het die DKD besluit om hom na ’n ander tronk oor te plaas: die maksimumveiligheid-gevangenis in Kokstad.

Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, het Saterdag bevestig Becker is geskuif “ná sy wangedrag” in die Pretoriase tronk.

Volgens die DKD het Becker gewys hy is ongedissiplineerd en “nie gereed om te rehabiliteer nie”.