Die motief vir die moorde is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie, het luit. kol. Andrè Traut gesê.

Die 22-jarige vrou was vermoedelik die ma van die tweejarige kind, het News24 betroubaar verneem.

Albei se kop was met sand bedek. Die ma het in ’n plas van haar eie bloed gelê, sê bronne.