’n Batmobiel, geskoei op die kar wat in 1989 in Tim Burton se Batman-fliek gebruik is, is te koop vir  sowat R1,4 miljoen. Batman-aanhangers wat graag ’n motor soos hul geliefde, gemantelde superheld wil bestuur, kan dié bedraggie opdok vir die swart replika wat geïnspireer is deur die fliek Batman. Dit word op 30 November by Mercedes-Benz World in Surrey in Suidoos-Engeland opgeveil.

“Die motor is enige Batman-aanhanger se droom,” sê Edward Bridger-Stille van die afslaer Historics. “So baie mense wil dit afneem dat dit die verkeer tot stilstand bring. Hy ry lekker, maar daar is nie baie goeie algemene visie nie; in dié opsig is dit amper soos ’n vegvliegtuig.”