Is dit dalk die koelste pa ter wêreld? Of dalk het die feit dat hy vier kinders het, hom sy varkies laat verloor. Batdad maak Vine-video’s van homself as Batman aangetrek – met net die masker en ore wat bo rusbanke en heinings uitsteek, afhangende van waar hy hy die video maak – en voer gesprekke met sy kinders in ’n lae rasperstem soos dié van Batman.

Maar die gesprekke is nie so ernstig as wat jy van ’n superheld sou verwag nie. Op een video roep sy seun, Ben, uit: “Ek het ’n poefie in die potjie gemaak!” Batdad antwoord: “Wonderlik. Hier’s ’n potjie-stokkie,” en gee vir hom ’n suigstokkie. En wanneer Ben met sy doek aan op die tafel gaan sit, sê Batdad: “Ben! Tafels is vir bekers, nie vir boude nie” – steeds in ’n baie ernstige, growwe Batman-stem.

Hier is een van ons gunsteling-samestellings. Geniet!

Vind meer uit op Batdad se Facebookblad, of besoek sy Vine-profiel.

En vir nog YouTube-samestellings, KLIK HIER.

Dalena Theron