Die Britse alternatiewe rockgroep het bekend geword danksy hul groot treffer Pompeii.

  • Bastille het in 2010 as Dan Smith se soloprojek begin en hy het later besluit om ’n groep te stig. Dit bestaan nou uit Dan (hoofsanger/liedjieskrywer), Will Farquarson (basspeler), Chris Wood (tromspeler) en Kyle Simmons (klawerbord).
  • Die naam kom van Bastilledag, die Franse nasionale vakansiedag, wat saamval met Dan se verjaardag op 14 Julie.
  • Hul eerste album, Bad Blood, is vroeër vanjaar uitgereik en het tot boaan die treffersparade in Engeland geklim.
  • So voel Dan oor hul nuutgevonde roem: “Ons maak net asof dit nie gebeur het nie en sal onsself af en toe toelaat om dit te geniet as daar koel mylpale is soos die album wat platinumstatus bereik het.”
  • Die geskiedenis en rolprente inspireer Dan, pleks van liefde en hartseer. Pompeii gaan byvoorbeeld oor die vernietiging van die antieke Romeinse stad en die ontdekking van menslike oorblyfsels op die argeologiese terrein. Diep, man!
  • Die groep is versot op Mexikaanse kos. Dan sê: “Wanneer ons toer, sal ons sodra ons op ’n nuwe plek aankom, dadelik gaan soek na ’n plek wat burritos maak”.

Volg hulle op Twitter: @BASTILLEdan

BRONNE: policymic.com, thebaybridged.com, portsmouth.co.uk, timeout.com, wikipedia.org, youtube.com