Toe dokters vir die 90-jarige Norma sê sy het kanker, het sy daar en dan besluit om eerder die wêreld plat te reis as om behandeling vir haar siekte te kry.

Slegs twee dae na haar man se dood, het ’n dokter ’n gewas in Norma se uterus opgespoor. En toe die dokter chirurgiese behandeling, bestraling en chemoterapie aanbeveel, het sy dit dadelik van die hand gewys.

Lees ook: ‘Aantreklike oupa’ se pragtige glimlag op 66 jaar oue foto oorrompel die internet

“Ek is 90 jaar oud. Ek vat eerder die pad!” het Norma, wat in die noorde van Michigan woon, laat hoor.

[caption id="attachment_118916" align="alignnone" width="600"]Norma en Ringo by die Grand Canyon. FOTO: Facebook Norma en die poedel, Ringo, by die Grand Canyon. FOTO: Facebook[/caption]

Sedert Augustus verlede jaar toer sy in ’n ontspanningvoertuig rond wat haar seun Tim bestuur. Haar skoondogter en hul poedel, Ringo, deel in die pret.

Haar dokter vertel hy sien daagliks wat kankerbehandeling aan pasiënte doen. “Dis intensiewe sorg-eenhede, slegte newe-effekte . . . en om eerlik te wees, daar is geen waarborg dat sy die aanvanklike operasie om die meerderheid van die kanker te verwyder, sou oorleef nie. Sy doen presies wat ek ook onder die omstandighede sou doen!”

[caption id="attachment_118917" align="alignnone" width="600"]Norma geniet 'n yskoue bier in Florida. FOTO: Facebook Norma geniet 'n yskoue bier in Florida. FOTO: Facebook[/caption]

Norma, wat in Maart 91 word, se simptome het sedertdien verbeter en sy kon plekke in Amerika, Europa en China besoek.

Sy het van lugballon-ritte in Kalifornië tot Disney World-besoeke in Florida kafgedraf.

[caption id="attachment_118914" align="alignnone" width="600"]Norma, haar seun Tim en hul poedel, Ringo, kry gereed vir 'n lugballon-rit. FOTO: Facebook Norma, haar seun Tim en hul poedel, Ringo, kry gereed vir 'n lugballon-rit. FOTO: Facebook[/caption]

Trouens, sy besoek nou al die gewilde vakansie-plekke wat sy nog nie vantevore gesien het nie.

Norma het ’n Facebook-blad, Driving Miss Norma, oopgemaak om haar reise met die wêreld te deel. Tot op datum het die groep byna 66,000 aanhangers.

Lees ook: 105-jarige ‘Ouma Wit’ verklap geheim van haar lang lewe

En hoe bly sy so fiets en fiks?

“Hou aan om elke dag te bid en God sal na jou kyk al voel dit of jy nie na jouself kan omsien nie,” verklap sy haar geheim aan GoodNewsNetwork.

Soos hulle sê, oud maar nog glad nie koud!

BRONNE: theepochtimes.com, countryliving.com, metro.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

Pa kom met desperate plan vorendag om sy identiese tweeling van mekaar te onderskei

Die lelikste en mooiste: Oscar-rokke wat wenkbroue lig

Hartseer nuus vir Thys die Bosveldklong

Kankerlyer vertel roerend: ‘As dit nie vir die baba was nie, sou ek nooit van die gewasse uitgevind het nie’