Die koningin van werklikheidstelevisie se ma, Kris Jenner, het onlangs haar kommer uitgespreek oor haar dogter se beheptheid met selfies neem, berig die Daily Mail.

In ’n toneel uit die gesin se werklikheidsreeks Keeping Up with the Kardashians hou die gesin vakansie in Thailand en neem Kim ’n rits selfies in die luukse hotelkamer terwyl sy met haar ma praat. Dié toneel is nie uitgesaai nie.

Daarin noem sy ook dat sy ’n boek met selfies van haar wil laat publiseer.

“Jy’s behep,” sê Kris nadat Kim ’n vertrek binnegeloop het en selfies begin neem het.

Kim ignoreer haar ma toe sy aanbied om ’n foto van Kim te neem, en merk dan op: “Ek dink ek kort ’n ander uitrusting vir hierdie foto,” voor sy haar los, swart rok uittrek en in net haar swart bikini poseer.

“Dis ’n goeie een dié,” sê Kim dan nadat sy nog ’n selfie gekiek het.

Wetenskaplikes het onlangs selfies in verband gebring met narsisme en selfbeeldprobleme nadat ’n Britse tiener sy lewe probeer neem het omdat hy nie die perfekte selfie geneem kon kry nie.

Danny Bowman het tot 10 uur per dag aan selfies gewy, byna 13 kg verloor en gemiddeld 200 selfies per dag geneem, het hy op die TV-program Daybreak vertel.

Mieke Vlok

Bronne: Daily Mail, E! Online, Daybreak, Trueactivist.com

[post-slider]