Barry Steenkamp, Reeva Steenkamp se pa, het ook vandag vir die eerste keer as ’n getuie in die hof verskyn. Hy was baie emosioneel en het sonder ophou sit en ruk terwyl hy sy selfbeheersing probeer behou het.

In ’n bewerige stem het hy vertel waardeur hulle as familie gegaan het sedert Reeva se dood op 14 Februarie 2013. Op ’n vraag van die staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, oor wat Barry dink Reeva sou gevoel het, het hy gesê: “Wat sy in daardie breukdeel van sekondes moes deurmaak . . . Sy moes soveel vrees en pyn ervaar het. Dit is waaraan ek heeltyd dink. Ek visualiseer dit. Dit moes absoluut aaklig gewees het. “Soms, wanneer ek aan die pyn gedink het wat Reeva moes ervaar het . . . Ek moes kop verloor het, maar ek het die mure met my vuiste bygedam. Ek het my insulieninspuiting herhaaldelik in my my maag en arms gesteek om te sien of ek dieselfde pyn (as Reeva) kan ervaar.” Hy het ook gesê die wêreld moet die wonde sien wat Reeva toegedien is.

Barry het ook getuig oor hoe hy gereageer het op die nuus van Reeva se dood. “Ek was by die werk toe June my bel. Ek kon nie eintlik verstaan wat haar so ontstel het nie. Sy het gegil en geskree. Ek het eers gedink een van ons diere is doodgemaak. Sy het gesê ek moet dadelik huis toe kom. “Ek het alles gelos. Op pad huis toe ek het probeer uitwerk wat sy vir my probeer sê het en toe besef ek sy het Reeva se naam genoem. Terwyl ek huis toe gery het, het ek meer en meer besef: Reeva is doodgemaak. Dit het my toe getref. Dit voel of dit gister gebeur het.” Hy het gesê Reeva se dood het die familie vernietig. “Ek wens geen lewende wese dit toe nie. Ek dink elke dag aan Reeva.”

Roux het aan Barry gesê: “Ons verstaan, en ons is baie jammer; niks gaan dit terugbring nie.” Oor die kwessie van vergifnis het Barry aangedui June het vergewe, maar vergifnis beteken steeds nie jy is vrygeskeld van die misdaad wat jy gepleeg het nie. * Dinsdagoggend het die verrigtinge in die hooggeregshof begin met twee getuies wat deur adv. Barry Roux, vir Oscar Pistorius, ondervra is: Ebba Gudmundsdottir, wat Oscar meer as ’n dekade gelede gekontak het toe sy uitvind haar seun gaan sonder bene gebore word, en Marius Nel, ’n pastoor van Centurion. Oscar en Ebba se seun

Ook op Huisgenoot.com

Tien móét-sien foto’s: Dag 1 van Oscar Pistorius se vonnisoplegging

Onwettige medikasie in Oscar Pistorius se sel gevind, hoor hof

Kyk: Oscar Pistorius word vandag gevonnis