“Ons kon baie getuies nie roep nie, want hulle het geweier; hulle wil nie hul stem so wyd bekendmaak nie,” het Barry gesê.

Die verdediging kon niks doen om hulle van plan te laat verander nie, het hy gesê. Barry het nie gesê wie die getuies was nie.

Die verdediging het sy saak gesluit.

Oscar staan tereg weens moord nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het. Hy het haar deur ’n geslote badkamerdeur geskiet en beweer hy het haar vir ’n inbreker aangesien wat hom wou aanval.

Die staat beweer hy het haar tydens ’n rusie geskiet.

Die staat moet hul argumentshoofde teen 30 Julie inhandig, terwyl die verdediging dit teen 4 Augustus moet doen.

Regt. Thokozile Masipa het beveel dat geen inhoud van die argumentshoofde in die druk- of elektroniese media gepubliseer mag word voor dit in die hof geargumenteer is nie.