[caption id="attachment_73003" align="alignnone" width="600"]Barry Roux (Foto: Werner Beukes) Barry Roux (Foto: Werner Beukes)[/caption]

“Ons sentrums het sport- en ontspanningsgeriewe,” het die waarnemende nasionale kommissaris van korrektiewe fasiliteite, Zach Modise, gesê.

“Ons het ook oortreders wat deelneem in atletiek, sokker, rugby en boks.”

Hy het gesê gevangenes neem selfs deel aan sportbyeenkomste en ding mee teen ander gevangenes.

Gevangenes se geestelike behoeftes word ook bevredig.

Zach het gesê wanneer gevangenes in sulke fasiliteite opgeneem word, word daar verseker dat korreksie en rehabilitasie plaasvind.

Hy het gesê hulle bied verskeie programme in opvoeding en vaardigheidsopleiding, insluitend vloerbedekking spuitverf, landbou, kook, skilder en skoonmaakdienste.

Op 12 September is Oscar skuldig bevind aan die strafbare manslag van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp, maar nie van haar moord nie.

Oscar het beweer hy het gedink daar is ’n inbreker in sy toilet toe hy op Valentynsdag verlede jaar vier skote deur die deur afvuur en Reeva doodskiet. Sy is in die heup, arm en kop getref.

Zach het gesê daar is bendes in die tronk, maar hulle het strukture in plek om dit te beveg.

“U Edele, in ons fasiliteite is daar bendes – bendes wat beheer van die sentrums wil probeer oorneem,” het hy gesê.

“Sommige van hulle is reeds bendeleiers wanneer hulle by die korrektiewe fasiliteite aankom.

“Maar ek kan die hof verseker dat die departement van korrektiewe dienste hierdie probleem aanpak. Ons doen dit met die hulp van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ons intelligensiegemeenskap.”