Die beseerde, ook ’n taxibestuurder, het na bewering met sy voertuig die grondpad naby Inanda-dam byster geraak waarna hy sowat 20 meter teen die wal afgerol het voordat hy eindelik teen ’n boom tot stilstand gekom het.

Gelukkig vir hom het ’n ander taxibestuurder gesien wat gebeur het. Hy en sy insittendes het die ernstig-beseerde man te hulp gesnel.

Omdat hulle daarvan bewus was dat dit ’n tyd sal duur voordat hulp die landelike gebied kan bereik, het hulle hom in hul taxi gelaai en hospitaal toe gejaag.

Op pad na die hospitaal het hulle die Netcare 911-reddingsbeampte in Brachenhillstraat gesien en hom om hulp gevra.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal in Chatsworth geneem vir verdere mediese sorg.