Banksy, die glibberige graffitikunstenaar en politieke aktivis in die VK, het ’n apokaliptiese en somber anti-Disneyland-temapark begin.

Die massiewe installasie spog met ironiese en sartorialistiese kunsstukke van hoog aangeskewe kontemporêre/eietydse kunstenaars.

Die slagspreuk vir die kunsinstallasie is “Bemusement Park” en die organiseerders beweer dat die distopiese temapark ‘ontvluging van die verstandelose/onopmerksame wêreldontvlugting‘ bied.

Die kunsinstallasies boots die attraksies van Disneyland na, maar, in plaas van vreugde, verskaf hulle pynlike sosiale kommentaar en satire.

Onder die installasies is ’n toneel van ’n botsing waarby Sneeuwitjie en haar pampoenkoets betrokke is (daar word wyd geglo dat die dood van prinses Diana die inspirasie hieragter is) en 'n beeldhouwerk van 'n moordvis wat uit 'n toilet in 'n klein opblaasswembadjie duik.

Baie ander sosiale kwessies word in hierdie park aangeroer deur middel van kunswerke. Hieronder val die migrasiekrisis in Europa, kernkrag-bombardemente en die oliemorsery in die Golf van Meksiko in 2010.

Benewens die kuns, kry jy ook ’n klompie nuwe funksionele temapark-aanloklikhede, soos 'n ysingwekkende mallemeule, 'n minigholfpark en 'n Ferriswiel. Die personeel bestaan uit nors Dismaland-werkers wat, in die gees van somberheid, nóg behulpsaam, nóg bereid is om inligting te gee.

Die polities uitgesproke kunstenaar wat die kurator van die temapark is, gebruik die skuilnaam Banksy en het nog nooit sy ware identiteit aan die publiek bekendgemaak nie.

Hy het aanvanklik begin as 'n guerilla-straatkunstenaar en het sy skuilnaam gebruik sodat hy nie gearresteer kon word vir dit wat in werklikheid vandalisme was nie.

Banksy is deesdae ver verwyder van die gewone misdadiger, want hy het ’n indrukwekkende repertoire van sosiaal aanklaende kuns opgebou – met Dismaland as sy mees ambisieuse poging. Hy noem die installasie, wat opgerig is by ’n verlate strandoord in die VK, “'n fees van kuns, vermaak en intreevlak-wetteloosheid."

Maar Banks ontken dat die park, ten spyte van die ooreenkomste, bedoel is om Disney af te kraak. Dit is nie 'n dwarsklap in die rigting van Disney nie … ek het enige afbeelding van Mickey Mouse van die terrein af verban. Dit is ’n uitstalruimte vir die lys van beste kunstenaars wat ek kon bedink – behalwe die twee wat my weggewys het." Die Dismaland-uitstalling is op 22 Augustus vir die publiek geopen en dit sal oop bly tot 27 September. Bronne: dailymail.co.uk, nytimes.com, nbcnews.com, thisiscollossal.com Nog foto’s: