’n Inbreker het in die tronk beland nadat hy die polisie gebel het toe hy vreemde geluide hoor in die huis waarby hy ingebreek het.

Marius Ionescu (31), ’n Roemeen van geboorte, was glo besig om by ’n huis in te breek toe hy ’n geluid hoor en onder die bed gaan skuil het.

Volgens Ionescu het hy gedink ’n tweede inbreker was ook daar aan die inbreek; daarom het hy die polisie ontbied.

“Hy het reeds ’n misdaadrekord nadat hy voorheen ook by ’n huis ingebreek het. Met sy skrikkerige geaardheid moet hy dalk ’n nuwe loopbaan oorweeg,” het Mihaela Straub, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

“Die geluid wat hy gehoor het, was tien teen een net ’n kat,” het Straub bygevoeg.

-Bang Showbizz