Genoeg vir 12-16 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 55-60 minute

2 kg hoenderporsies

5 aartappels of baba-aartappels

1 kg ander groente van jou keuse, byvoorbeeld sampioene, murgpampoentjies en vlapampoentjies

250 ml (1 k) balsemieke asyn

30 ml (2 e) olyfolie

60 ml (¼ k) heuning

4 roosmaryntakkies

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Pak die hoender, aartappels en die res van die groente in ’n oondbak.

Meng die res van die bestanddele en giet oor die hoender en groente. Geur met sout en peper.

Bedek die oondbak met foelie en bak 45 minute of tot die hoender gaar is en die groente sag.

Verwyder die foelie, skakel die roosterelement aan en rooster die hoender tot goudbruin.

Sit voor saam met koring of basmatirys.

Volg Huisgenoot op Twitter.