Marthinus van Schalkwyk, die minister van toerisme, het verlede week in KwaZulu-Natal die 41 strande en vyf marinas aangekondig wat WESSA blouvlagstatus vir 2013/’14 gekry het.

Vanjaar is die 13de jaar agtereenvolgens dat Suid-Afrika strande met blouvlagstatus het. Blouvlagstatus is ’n vrywillige eko-etiket wat aan strande toegeken word wat aan 32 vereistes voldoen. Die vereistes val in vier kategorieë, naamlik watergehalte, omgewingsopvoeding en -inligting, omgewingsbestuur en veiligheidsdienste wat onder meer uitstekende lewensreddingstandaarde en skoon ablusiegeriewe insluit.

Blouvlagstrande

Wes-Kaap

  • Bikinistrand
  • Mnandi
  • Strandfontein
  • Muizenberg
  • Llandudno
  • Kampsbaai
  • Clifton se 4de strand
  • Silwerstroomstrand

Overberg

  • Hawston
  • Kleinmond
  • Grottostrand

Suid-Kaap

  • Witsand
  • Lappiesbaai
  • Gouritsmond
  • Preekstoel
  • De Bakke
  • Kleinbrak
  • Santos
  • Hartenbos
  • Wildernis
  • Buffelsbaai
  • Brentonbaai
  • Plettenbergbaai
  • Keurboomstrand
  • Roggeberg V
  • Nature’s Valley

Oos-Kaap

  • Dolphin-strand
  • Humewoodstrand
  • Kings-strand
  • Kariega
  • Middelstrand
  • Kleinemond
  • Boknesstrand
  • Kellys-strand

Noord-Kaap

  • MacDougallsbaai

KwaZulu-Natal

  • Ramsgatestrand
  • Lucien-strand
  • Umzumbe-strand
  • Trafalgarstrand
  • Marinastrand
  • Alkantstrand Richardsbaai