DIE ander lande sê graag ons spelers is bullebakke, selfs boewe... soos Bokaanhangers nou weer tot hul frustrasie in die eerste Drienasiestoets ervaar het.

Drie keer moes ons en die res van die wêreld met die komplimente van Nieu-Seelandse TV in stadige aksie sien hoe Bakkies Botha Jimmy Cowan skynbaar uit die bloute met sy kop binne-in Eden Park se groen gras probeer instamp.

Skokkend, ja, maar van die skelmstreek wat dié poging tot kuikenmoord eintlik aangevuur het, het die Kiwi-uitsaaiers niks gewys nie... nie ’n glimps van hoe einste Jimmy aan Bakkies se klere hang terwyl die Bok-ysterman by die bal probeer uitkom nie.

Maar ná alles het Bakkies, helaas, nou weer so reg in die Suid-Afrika-kritici se kraal in gespeel. Selfs plaaslike aanhangers begin sê dit is nou genoeg van die een helfte van die beste slotpaar ter wêreld.

Maar is ons spelers regtig die grootste sondaars in ’n uiters fisieke sport waarin humeure onvermydelik gaan opvlam en waar jy wel brekers nodig het wat met teenstanders se konsentrasie kan mors?

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 Julie 2010

Bespreek vir Skouspel!